Ons Storie

Talanja se naam is afgelei van die Skoolhoof se 3 kinders se name – Theunis, Lukas en Anja.

Talanja Green Puzzle Tree

Ons geskiedenis

Die skool is in 2006 deur Alta Potgieter gestig en in 2015 het hulle in die nuwe skoolgebou ingetrek.

Talanja Pre-Primêre Skool is in ‘n boomryke buurt en een blok van Laerskool De Hoop, in Somerset-Wes geleë. Aan die een kant van ons skool is die Helderberg en aan die ander kant is die see! Dit is ‘n baie rustige, stil en veilige omgewing waar klein mensies floreer en speel, en goed voorberei word vir die uitdagings van die groot skool.

Ons Juffrouens

By ons skool ontvang Gekwalifiseerde en Liefdevolle Juffrouens elke dag die kleintjies met ‘n vriendelike glimlag. Ons Juffrouens strewe daarna om te alle tye in belang van ons kindertjies op te tree en hulle belange altyd eerste te stel.

Die Personeel bestaan uit:

  • Alta Potgieter, die Skoolhoof, wat ‘n Gekwalifiseerde Junior Primêre Opvoeder is.
  • Die Sekretaresse wat ‘n Gekwalifiseerde Verpleegkundige is en elke seer plekkie met groot deernis versorg.
  • 17 Opgeleide Personeellede, met ondervinding, wat passievol is oor hulle werk.